Omroeper van Radio Nfm klop Covid-19

'Jy weet nie waar jy die virus opdoen nie.'

0

Die omroeper van die program op Maandae aande, I-Konnect, EJ van As, het onlangs Covid-19 ‘n uitklop hou gegee.

Hy ag dit geen moeite om elke Maandag aand die program regstreeks uit die ateljee van Radio Nfm uit te saai nie.

Covid is ‘n realiteit en dit kan enige een enige tyd tref.

Hy en sy vrou was bewus, van die risiko dat hulle Covid kon opdoen omdat hulle gereeld met mense in kontak kom.

Sinus en hoofpyne was ons eerste simptome en hulle het dit daar volgens behandel.

Sy vrou het eerste siek geraak.

Na ‘n dokters besoek is hulle aangeraai om hulself onmiddelik vir Covid 19 te laat toets.

Die uitslag was positief en daarna het die paartjie hulself vir 21 dae afgesonder.

van As verwys daarna dat hy versigtig gelewe het en die nodige gesondheid protokolle gedurigdeur toegepas het .

‘Ek weet nie of dit sielkundig is nie, maar ons het binne die volgende 24 uur verswak,’ verklaar hy.

Hy noem dat sy vrou het baie siek geraak en het gebraak, en wat interressant was, was dat hulle simptome verskil het.

Die gemeenskap moet nie net fokus op die simptome wat in die media van melding gemaak word.

As u dink dit is net ‘n verkoue dan moet u ‘n dokter gaan sien om seker te maak.

Aan die anderkant het hy byvoorbeeld geen loop neus gehad nie, geen kopsere, geen lyfseer en sy smaak het binne ‘n uur weg gegaan.

Jy weet nie waar jy die virus opdoen nie.

Hulle was in isolasie van die dag wat hulle getoets het en was gehoorsaam, maar binne ‘n week het sy vrou so siek geraak dat sy in die hospitaal in Springbok opgeneem was, met ander onderliggende probleme en dit was traumaties vir hom.

Die Vrydagaand wat hy haar by die hospitaal gaan aflaai het, was hy hartseer.

Die dag daarna het sy hom ‘n boodskap gestuur en gesê dat sy te swak is en nie weet of sy dit gaan maak nie.

Hulle het baie mense gehad wat vir hulle gebid het, en die Sondagaand was sy ontslaan en was sy al baie beter.

Dit het vir haar nog ‘n lang rukkie geneem om gesond te raak en hulle was 21 dae in isolasie.

Omdat sy vrou in isolasie was moes sy nog 10 dae in isolasie bly.

Leave A Reply

Your email address will not be published.