Onbekende man se lyk deur verbyganger gevind

0

Die polisie in die Noord-Kaap ondersoek ‘n saak van moord, nadat die liggaam van ‘n onbekende man gister in Kimberley gevind is.

Die ondekende liggam is deur ‘n verbyganger in die Westend-omgewing opgemerk.

Die verbyganger het onmiddelik die polisie na die toneel ontbied.

‘n Woordvoerder vir die polisie, Brigadier Mohale Ramatseba het bevestig dat die slagoffer verskeie brandwonde aan sy liggaam opgedoen het.

“Ondersoeke het aan die lig gebring dat die slagoffer se hande met ‘n draad vasgebind was.”

Die polisie het nog geen verdagtes in die saak in hegtenis geneem nie.

Die ondersoek duur voort.

Leave A Reply

Your email address will not be published.