Onder 10 nuwe Kovid-19 gevalle vir die Namakwa-distrik aangemeld

"Die gevalle is toegeken 2 onderskeidelik aan Nama Khoi regsgebied en Karoo Hoogland en een onderskeidelik aan Hantam en Khâi Ma."

0

In die jongste verslagperiode is daar 6 nuwe Kovid-19 gevalle vir die Namakwa-distrik aangemeld.

Die gevalle is toegeken 2 onderskeidelik aan Nama Khoi regsgebied en Karoo Hoogland en een onderskeidelik aan Hantam en Khâi Ma.

Dit bring die kummulatiewe totaal in die distrik op 13 866, terwyl die sterftesyfer gestyg het na 228, met 13 485 genesings en diè distrik het 153 aktiewe gevalle.

In die Noord-Kaap is 21 nuwe KOVID-19 gevalle aangemeld deur die ministerie van gesondheid, wat die kummulatiewe totaal in die provinsie te staan bring op 92 656.

Die totaal sterftes in die provinsie weens KOVID-19-komplikasies staan op 2 359.

Sowat 88 751 persone het genees van die virus en laat die provinsie met 1 544 aktiewe gevalle.

Leave A Reply

Your email address will not be published.