Onder 10 nuwe Kovid-19 gevalle vir die Namakwa-distrik bekend

"Die gevalle is toegeken aan die Khâi Ma (4) en Nama Khoi regsgebied (2)."

0

In die jongste verslagperiode is ‘n totaal van 6 nuwe Kovid-19 gevalle vir die Namakwa-distrik aangemeld.

Die gevalle is toegeken aan die Khâi Ma (4) en Nama Khoi regsgebied (2).

Die Namakwa-distrik se kummulatiewe totaal staan op 13 579, die sterftesyfer is 128, met 12 216 genesings en diè distrik het 1 235 aktiewe gevalle.

In die Noord-Kaap is 29 nuwe KOVID-19 gevalle aangemeld deur die ministerie van gesondheid, wat die kummulatiewe totaal in die provinsie te staan bring op 91 123.

Die totaal sterftes in die provinsie weens KOVID-19-komplikasies staan op 2 194.

Sowat 83 186 persone het genees van die virus en laat die provinsie met 5 743 aktiewe gevalle.

Leave A Reply

Your email address will not be published.