Onder 10 nuwe Kovid-19 gevalle vir die Namakwa-distrik

"Die gevalle is toegeken aan Khâi Ma (7) en Hantam en Karoo Hoogland 2 onderskeidelik."

0

In die jongste verslagperiode is ‘n totaal van 8 nuwe Kovid-19 gevalle vir die Namakwa-distrik aangemeld.

Die gevalle is toegeken aan Khâi Ma (7) en Hantam en Karoo Hoogland 2 onderskeidelik.

Die Namakwa-distrik se kummulatiewe totaal staan op 13 755, die sterftesyfer is 132, met 12 685 genesings en diè distrik het 938 aktiewe gevalle.

In die Noord-Kaap is 45 nuwe KOVID-19 gevalle aangemeld deur die ministerie van gesondheid, wat die kummulatiewe totaal in die provinsie te staan bring op 92 000.

Die totaal sterftes in die provinsie weens KOVID-19-komplikasies staan op 2 233.

Sowat 87 594 persone het genees van die virus en laat die provinsie met 2 173 aktiewe gevalle.

Leave A Reply

Your email address will not be published.