Onder 20 nuwe Kovid-19 gevalle vir die Namakwa distrik aangemeld

"Die gevalle is toegeken aan Nama Khoi regsgebied (12), en Richtersveld (5)."

0

In die jongste verslagperiode is ‘n totaal van 17 nuwe Kovid-19 gevalle vir die Namakwa-distrik aangemeld.

Die gevalle is toegeken aan Nama Khoi regsgebied (12), en Richtersveld (5).

Die Namakwa-distrik se kummulatiewe totaal staan op 13 430, die sterftesyfer is 127, met 12 097 genesings en diè distrik het 1 206 aktiewe gevalle.

In die Noord-Kaap is 35 nuwe KOVID-19 gevalle aangemeld deur die ministerie van gesondheid, wat die kummulatiewe totaal in die provinsie te staan bring op 90 307.

Die totaal sterftes in die provinsie weens KOVID-19-komplikasies staan op 2 176.

Sowat 82 404 persone het genees van die virus en laat die provinsie met 5 725 aktiewe gevalle.

Leave A Reply

Your email address will not be published.