Onder 5 nuwe Korona-virus gevalle vir die Namakwa distrik aangemeld

"Die sterftesyfer staan op 66 en dit laat diè distrik met 486 aktiewe gevalle."

0

In die jongste verslagperiode het die minister van gesondheid, dr. Zweli Mhkize 4 nuwe Korona-virus gevalle vir die Namakwa-distrik bekend gemaak.

Die gevalle is toegeken aan Hantam plaaslike munisipaliteit (2), Nama Khoi regsgebied en die Richtersveld plaaslike munisipaliteit onderskeidelik een.

Die Namakwa-distrik se kumulatiewe totaal staan op 5 473, met 4 921 genesings.

Die sterftesyfer staan op 66 en dit laat diè distrik met 486 aktiewe gevalle.

In die Noord-Kaap is 224 nuwe KOVID-19 gevalle aangemeld deur die ministerie van gesondheid, wat die kumulatiewe totaal in die provinsie te staan bring op 45 167.

Die totaal sterftes in die provinsie weens KOVID-19-komplikasies staan op 987.

Sowat 37 971 persone het genees van die virus en laat die provinsie met 6 207 aktiewe gevalle.

Leave A Reply

Your email address will not be published.