Onder 5 nuwe Kovid-19 gevalle vir die Namakwa distrik aangemeld

"Die gevalle is toegeken aan Hantam en Khâi Ma onderskeidelik een elk."

0

In die jongste verslagperiode is ‘n totaal van 2 nuwe Kovid-19 gevalle vir die Namakwa-distrik aangemeld.

Die gevalle is toegeken aan Hantam en Khâi Ma onderskeidelik een elk.

Die Namakwa-distrik se kummulatiewe totaal staan op 13 803, die sterftesyfer is 133, met 13 340 genesings en diè distrik het 330 aktiewe gevalle.

In die Noord-Kaap is 31 nuwe KOVID-19 gevalle aangemeld deur die ministerie van gesondheid, wat die kummulatiewe totaal in die provinsie te staan bring op 92 272.

Die totaal sterftes in die provinsie weens KOVID-19-komplikasies staan op 2 244.

Sowat 88 368 persone het genees van die virus en laat die provinsie met 1 660 aktiewe gevalle.

Leave A Reply

Your email address will not be published.