Onder 5 nuwe Kovid-19 gevalle vir die Namakwa-distrik bekend

"Die gevalle is toegeken aan die Nama Khoi regsgebied (2) en Karoo Hoogland (1)."

0

In die jongste verslagperiode is ‘n totaal van 3 nuwe Kovid-19 gevalle vir die Namakwa-distrik aangemeld.

Die gevalle is toegeken aan die Nama Khoi regsgebied (2) en Karoo Hoogland (1).

Die Namakwa-distrik se kummulatiewe totaal staan op 13 582, die sterftesyfer is 128, met 12 216 genesings en diè distrik het 1 238 aktiewe gevalle.

In die Noord-Kaap is 48 nuwe KOVID-19 gevalle aangemeld deur die ministerie van gesondheid, wat die kummulatiewe totaal in die provinsie te staan bring op 91 171.

Die totaal sterftes in die provinsie weens KOVID-19-komplikasies staan op 2 201.

Sowat 83 947 persone het genees van die virus en laat die provinsie met 5 023 aktiewe gevalle.

Leave A Reply

Your email address will not be published.