Onder 5 nuwe Kovid-19 gevalle vir Namakwa aangemeld

"Sowat 35 943 het genees van die virus en laat die provinsie met 3 748 aktiewe gevalle."

0

In die jongste verslagperiode het die minister van gesondheid, dr. Zweli Mhkize 2 nuwe Korona-virus gevalle vir die Namakwa-distrik bekend gemaak, wat toegeken was aan die Hantam plaaslike munisipaliteit.

Die Namakwa-distrik se kumulatiewe totaal staan op 5 297, met 4 751 genesings.

Die sterftesyfer bly onveranderd op 64 en dit laat diè distrik met 482 aktiewe gevalle. 

In die Noord-Kaap is 106 nuwe KOVID-19 gevalle aangemeld deur die ministerie van gesondheid, wat die kumulatiewe totaal in die provinsie te staan bring op 40 594.

Die totaal sterftes in die provinsie weens KOVID-19-komplikasies staan op 901.

Sowat 35 943 het genees van die virus en laat die provinsie met 3 748 aktiewe gevalle.

 

 

Leave A Reply

Your email address will not be published.