Onderwys grootkop bekommerd oor sosiale distansiëring

"Monakali het gesê dat hulle voorgestel het dat sosiale distansiëring tot 'n halwe meter verminder moet word sodat meer leerders in klasse akkomodeer  kan word."

0

Die LUR vir onderwys in die Noord-Kaap, Zolile Monakali, het sy kommer uitgespreek oor sosiale distansiëring te midde van die laerskoolleerders wat na volle kapasiteit terugkeer skool toe.

Dit kom nadat die minister van basiese onderwys, Angie Motshekga, aangekondig het dat laerskoolleerders met volle kapasiteit na die skool moet terugkeer.

Heelwat  skole het bevestig dat hulle nie alle leerders in die klasse kan akkommodeer nie weens die Kovid-19-protokol vir sosiale distansiëring.

Monakali het gesê dat hulle voorgestel het dat sosiale distansiëring tot ‘n halwe meter verminder moet word sodat meer leerders in klasse akkomodeer  kan word.

‘Uit al ons 424 laerskole kon slegs 79 terugkeer na normale onderrig en leer vanweë die tekort aan kapasiteite wat ons in die provinsie ondervind. Die grootste uitdaging waarmee ons gekonfronteer word, is die kwessie van sosiale afstand, aangesien u weet dat klasse slegs ‘n spesifieke aantal leerders kan akkomodeer. As ons al die leerders in skole terugstuur, het ons die uitdaging van sosiale afstand,” het Monakali gesê

Hy het verder gesê dat die departement na verskillende maniere kyk om leerders terug te kry om die volledige kurrikulum vir elke laerskool te dek.

Hulle wil egter ook nie die gesondheid van leerders in gevaar stel nie.

Leave A Reply

Your email address will not be published.