Onderwysdepartement neem onderswyserassistente aan diens

0
Die regering het vroeër in ‘n amptelike verklaringe gesê dat hy besluit het om onderswyserassistente in diens te neem.
Die departement van onderwys het ook bevestig dat hy nié gekwalifiseerde werklose onderwysers in diens sal neem – as deel van sy stimuluspakket van R500-miljard vir ekonomiese herstel, ná die COVID-19-grendelstaat – nie.

Die regering sê die assistente sal egter slegs tydelik aangestel word.

Die minister van Basiese Onderwys, Angie Motshekga, het dít bevestig in ‘n geskrewe antwoord op ‘n vraag, in die Nasionale Raad van Provinsies.

Motshekga sê werwing vir vaste aanstellings sal egter voortgaan, volgens die beskikbare poste en die begroting daarvoor.

Sy sê onderwysassistente sal nie klasgee nie, maar sal slegs die onderwysers help met algemene klaswerk.

Leave A Reply

Your email address will not be published.