Onderwysers terug in hul klaskamers

0

Die departement van basiese onderwys (DBE) het gister gesê alle onderwysers wat toestemming gekry het, om van die huis af te werk tydens die nasionale inperking, moet vandag terugkeer na die klaskamer.

Onderwysers met onderliggende siektes is gevra om van die huis af te werk, om die verpreiding van COVID-19 te verminder.

Die departement het gesê dat dit nou lyk asof die infeksiesyfers in die land begin stabiliseer, en dat alle onderwysers na die klaskamers moet terugkeer.

‘n Woordvoerder vir die departement, Geoffrey Van der Merwe het gesê dat alle opvoeders en werknemers, behalwe diegene met goedgekeurde verlof (bv. tydelike ongeskiktheidsverlof, kraamverlof, ens.) vandag, 21 September, vir diens moet aanmeld.

“Al ons kantore (distriks- en provinsiale kantore) sal op normale besigheidsure van 07:30 – 16:00 werk.”

“Die COVID-19 veiligheidsmaatreëls, sal van krag bly in alle kantore en skole.”

Die Departement herinner alle opvoeders, personeel en leerders daaraan dat dit almal se verantwoordelikheid is om voorsorg te tref, om die verspreiding van die koronavirus te stuit en voortaan die pandemie te bestry.

Leave A Reply

Your email address will not be published.