Ongepoleerde diamante in Kimberley op beslag gelê

"Valke woordvoerder, Nomthandazo Mnisi het bevestig dat tydens die soektog is beslag gelê op 52,08kt ongepoleerde diamante ter waarde van ongeveer R41 000."

0

‘n Gesamentlike operasie deur die Valke se ondersoek- en taktiese reaksie -span vir ernstige georganiseerde misdaad het gister ‘n ondersoek en beslaglegging op CJ Bricks, Madeliefie 2, Squere Hill Park, Kimberley uitgevoer met betrekking tot diamante.

Valke woordvoerder, Nomthandazo Mnisi het bevestig dat tydens die soektog is beslag gelê op 52,08kt ongepoleerde diamante ter waarde van ongeveer R41 000.

Daar is nog geen arrestasies gemaak nie en die ondersoek duur voort.

Leave A Reply

Your email address will not be published.