Ongeregistreerde gesondheidswerkers sukkel om aan die lewe te bly

Gesondheidswerkers word onder die broodlyn betaal.

0

Gesondheidswerkers verbonde aan verskeie gemeenskappe en gesondheidsfasiliteite in die Noord-Kaap, word steeds deur middel van ‘n toelaag betaal omdat hulle nie geregistreer is nie.

Baie gesondheidswerkers het gesê dat hulle nie hul huurkoste vir akkomodasie kon betaal nie en dat hulle finansieel sukkel.

“Ons is veronderstel om meer as R20 000 per maand te kry, maar ons kry tans ‘n toelaag van R1 500.”

Sekere gesondheidswerkers het laat hoor dat hulle gekwalifiseer het en dat hulle weet slegs toelaes sal kry, totdat hulle hul sertifikate ontvang.k

Die gesondheidswerkers vermy ook litigasie en is bang om hul professionele lisensies te verloor.

‘n Woordvoerder vir die departement van gesondheid, Lebogang Majaha het bevestig dat hulle bewus is van die oproepe deur gesondheidswerkers in plaaslike gemeenskappe.

“Die gesondheidswerkers het hulle kursusse voltooi, maar as gevolg van ‘n vertraging in die registrasieproses is hulle nog nie geregistreer nie. Sodra die proses voltooi is, sal hierdie gesondheidswerkers hul salarisse ontvang”, het Majaha gesê.

Leave A Reply

Your email address will not be published.