Ons loer agter die skerms van die dinamiese Richie Cloete

"Sy diploma dek spraak sowel as drama."

0

Richie Cloete is ‘n geregistreerde sielkundige met sy eie praktyk asook ‘n vryskutomroeper by Radio Nfm.

Cloete het as ‘n kind gedurende die 80’s in Namakwaland opgegroei en hy sê sy  drome is meestal geïnspireer deur TV programme, omdat hier baie min buitengewone dinge plaaslik gebeur het.

“As kind het ek my drome opgemaak soos die tyd verloop het en sodoende het ek ‘n kragtige mede skepper van my eie realiteit op ‘n baie jong ouderdom geword,” vertel Cloete.

As ‘n maatskaplike werker het hy altyd ‘n verlore droom agter in sy kop gehad om ‘n akteur te word soos dié in die TV -reekse wat hy as kind gekyk het.

Hy het aanhou om dit eenkant toe te skuif totdat iemand hom die een lewensveranderende vraag gevra het: “Wat is die een ding waaroor u spyt sal wees as u dit nie aan die einde van u lewe gedoen het nie?”

My antwoord: “Om ‘n akteur te wees!”

Geïnspireer deur sy liefde vir mense en artistieke vermaak, het hy ‘n bekwame professionele akteur geword met ‘n onderskeid in die “Advance Performance”.

Sy diploma dek spraak sowel as drama.

Met sy agtergrond as maatskaplike werker en sy nuwe passie vir die kunste en mense uit verskillende lewensterreine, het hy nog meer gedrewe geraak om mense te help om hul omstandighede te verander.

Cloete sê wat hy na enige werksomgewing bring, is sterk leierskap, kreatiwiteit en passie.

“Ek beskik oor uitstekende kommunikasie-, onderhandelings- en fasiliteringsvaardighede gedurende en uitgebreide werkservaring as fasiliteerder, radio-aanbieder, motiveringspreker, oortrederbestuurder, akteur, maatskaplike werker en nege jaar se werk en reis in die Verenigde Koninkryk.

As individue is Cloete ambisieus en hoogs gemotiveerd.

Getuienis hiervan is sy suksesvolle oorgang van ‘n loopbaan van twintig jaar as maatskaplike werker na akteur en nou om mense in sy persoonlike hoedanigheid as sielkundige en sake-eienaar te laat groei en ontwikkel.

Alles het hy bereik deur streng standaarde te handhaaf.

Die bewys is altyd in die poeding en dit kan geverifïeer word soos bewys deur sy getuigskrifte op sy webwerf (rcconsultancy.co.za)

Leave A Reply

Your email address will not be published.