Ontdek Namakwaland tydens Toerisme-week

0

Die Namakwa-distrik vier vandeesweek Toerisme-maand, saam met die res van die Noord-Kaap.

Toerisme-maand is alreeds vanaf Maandag, 21 September herdenk en sal gevier word tot Sondag 27 September.

Dit word deurlopend met Erfenismaand gevier en hierdie jaar, onder die tema; “Vier Suid-Afrika se Lewende Menslike Skatte”.

Namakwaland is ‘n afgleë distrik en word as ‘n landelike gebied beskou.

Die gebied het na ‘n tydperk van elf jaar weer ‘n pragtige blommeskou en dus aan die einde van die dag die gees waarmee namakwalanders altyd besoekers ontvang.

Namakwaland se inwoners ag kultuur baie hoog en hier word dinge nog gedoen “soos in die ou dae”.

Een van die besienswaardighede in die distrik, is die museum op Nababeep wat die lokomotief “Clara” huisves.

‘n Toergids op Nababeep, Joey Ruiter, het 15-jaar vir die Okiep Copper Company, ‘OCC’ gewerk.

Hy het die geskiedenis van die lokomotief gedeel.

In die vroeë 1500’s was koper deur die eerste Khoi-san ontdek in die Namakwaland gebied, waarvan hulle kettangkies vir voete en hande en hangertjies gemaak het.

Simon Van der Stel het ook in die vroeë 1600 twee tot drie myne ge-open.

“Hy het met die ossewa by Spektakel-berg opgery en het bo-op die berg gestaan, en toe hy so afkyk, ‘toe sê hy van verwondering wat ‘n spektakel’, en dis waar die naam vandaan kom.”

In die 1800’s het Newman Mining Cooperation vanuit die buiteland, die stoomlokomotief, “Clara” na Namakwaland gebring.

Die trein was voorheen “Mountain locomotive” genoem en net sewe hiervan was vervaardig.

Koper en ander goedere was vanaf Okiep na Port Nolloth vervoer vir buitelandse uitvoere.

Newman Mining Cooperation het grond gekoop vanaf die mense, veral in die Kouboegas-gebied en laat in die 1800’s het hulle hul eiendom verkoop aan Old Cape Copper Company.

Die Okiep Copper Company het eers in 1940 ontstaan.

Diè mynreus was die rede dat Okiep, Nababeep en Carolusberg vandag bestaan.

In die myndorpe was huise en skole gebou, in Nabaeep ‘n myn-hospitaal,  kantore en werkswinkels.

Die OCC het drie verbindingskomplekse gebou, een op Nababeep, in die Sonop-area en die ander een buite Carolusberg.

Die Sonop-kompleks was later omskep in woonstelle.

Die meerderheid mynwerkers was van die Oos-Kaap.

In 1997 het die koperprys gedaal, en het dit gelei tot die afskaal van werkers.

Daar was vrywillge pakkette aangebied en baie werkers het dit aanvaar.

Leave A Reply

Your email address will not be published.