Ontmoet Namakwaland se eie Loslitdag-ambassadeur!

0

NFM in samewerking met die Nasionale Raad van en vir Persone met Gestremdhede en Springbok Superspar, het besluit om hierdie jaar hande te vatv met vanjaar se Loslitdag-vieringe.

Loslitdag word vanjaar op 3 Desember gevier, wanneer die wêreld Internasionale Dag vir Persone met Gestremdhede herdenk, onder die tema; “Side by Side for Equality for Persons with Disabilities.”

Met Loslitdag op hande, is ons bewusmakings-amptenare vol entoesiamse om die veldtog te bevorder en bewusmaking daarvan te skep.

Brunhild Strauss, Ricardo Kermis, Shannon van den Heever en “Able”, die vermaaklikheidskarakter (mascot) het op Saterdag, 14 November bewusmaking gedoen op Springbok en t-hemde, pette en plakkers aan gemeenskapslede verkoop.

Springbok Superspar ondersteun hierdie projek, deur NFM en die Loslitdag-span, elke jaar die geleentheid te bied om Loslitdag-toerusting ten toon te stel, en uitreikingswerk te doen vir persone met gestremdhede.

Tussen 3 November en 3 Desember elke jaar, word bewusmaking gedoen vir persone met gestremdhede.

NFM Nuus wil hiermee eer betoon aan een van ons plaaslike heldinne, Shannon Van den Heever, wat aktief betrokke is by hierdie projek.

Van den Heever is woonagtig op Nababeep in die Nama Khoi regsgebied.

Sy is self rolstoel-gebonde, maar haar gestremdheid stop haar geensins.

Sy is ‘n voorbeeld van waardering vir die lewe, nie net vir persone met gestremdhede nie, maar ook vir die res wat normale funksie in al hulle liggaamsdele en ledemate het.

NFM se plaaslike omroeper Ricardo “Ricky K” Kermis, ‘n ware staatmaker en altyd gereed om te inspireer met positiewe gedagtes, is side by side met Shannon en Able, en hulle vorm ‘n digte span.

“Shannon en die span sal weer op 20, 24 en 30 November, by Springbok Superspar se parkeerarea besoek om bewusmaking te doen vir persone met gestremdhede.”

Dit is verfrissend om soveel positiwiteit, deursettingsvermoё en liefde te ervaar tydens die veldtog.

Binne ons eie gemeenskappe is fantastiese mense wat deel is van die verandering en die oplossing.

Elkeen se bydrae, hoe gering ook al, maak ‘n groot verskil.

Leave A Reply

Your email address will not be published.