Ontydige dood as gevolg van selfmoord

"Depressie laat mense hulpeloos en hopeloos voel en nie meer die die nut van lewe besef nie."

0

Septembermaand word gebruik om bewustheid te kweek rondom selfmoord.

Al hoe meer mense besef dit is maklik om hul eie te neem, omdat alles vir hulle te veel raak.

Daar is verskeie redes hoekom mense selfmoord pleeg waarvan depressie een van die hoofredes is.

Depressie laat mense hulpeloos en hopeloos voel en nie meer die die nut van lewe besef nie.

Die misbruik van alkohol en dwelms is verdere faktore wat jou oordeel en selfbeheersing negatief affekteer.

Boeliery is ‘n derde faktoor wat ʼn algemene verskynsel in skole is en bydra tot tieners wat selfmoord pleeg.

Kinders wat daaraan blootgestel word mag depressief word, wat dan lei tot selfmoordpogings.

Mense wie hulself  beseer is ook geneig om selfmoord te pleeg, alhoewel dit nie hul intensie altyd is nie.

Mense wat selfmoord pleeg voel soms alleen, geïsoleerd en verkeer onder druk en maak dat ander hule nie verstaan nie.

Hulle probeer om moeilike situasies te ontduik om sodoende stresverligting te ervaar.

Hulle beskou selfmoord as ʼn vorm van straf aan hulself vir dit wat hul verkeerd gedoen het.

Na die dood van ‘n geliefde, sien depressiewe mense dit as ‘n hereniging met die afgestorwene.

Risikofaktore van selfmoord om na te kyk

  • Mense wie vorige pogings aangewend het,
  • As daar ʼn geskiedenis van depressie of selfmoord in die familie is
  • Mense wie alkohol en dwelms gebruik
  • Mense wie seksueel of fisies mishandel word
  • Mense wie kroniese siektes het
  • Mense wie ʼn leergestremdheid, geestelike of fisiese gestremdheid het
  • Wanneer daar familie twis of swak ouer-kind verhoudinge is
  • Wanneer daar ʼn onlangse verlies, familie of verhouding opbreek of selfs dood was
  • Wanneer daar ʼn lewensonderbreking was soos bv. die verandering in vriende, omgewing of aktiwiteite
  • Wanneer mense aan geweld blootgestel word.

Waarskuwingstekens waarna gekyk moet word?

  • Praat of grap oor selfmoord: Jou vriend mag praat oor sterfte, dreig om om hom/haarself te dood of dinge noem soos niks maak meer saak nie of ek sal nie meer lank hier wees nie.
  • Depressie: Jou vriend mag hopeloos voel, belangstelling verloor om enige iets te doen, onttrek van vriende en familie.
  • Voorbereiding om te sterf soos om gunsteling dinge weg te gee of selfs almal totsiens te sȇ.
  • Self-kritisering: luister na dit wat jou vriend sê soos byvoorbeeld ek kan niks regdoen nie, want dit mag aandui dat hulle selfmoord oorweeg.
  • Veranderinge in persoonlikheid: iemand wie normaal weg hou van sosialisering mag skielik anti-sosiaal word asook aggressief  en geïriteerd en vriendskappe verloor.
  • Belangstelling verloor in voorkoms, nie aan higieniese aspekte aandag verleen.
  • Risiko gedrag: mense wie selfmoord wil pleeg sal risiko gedrag openbaar soos om bv te drink en bestuur, onbeskermde seks beoefen of dwelms gebruik.
  • Uitermatige gevoelens van skuld, self-blamering of mislukking.
  • Wanneer jou vriend ʼn skielike verbetering toon nadat hy/sy baie depressief was en daarby geen behandeling ontvang het nie, mag dit gevaarlik wees.
  • Wanneer iemand gedigte, opstelle, sms oor die dood skryf of skilderye daaroor maak. Dit is altyd ʼn hulpkreet, luister daarna en kry hulp.

Hoe help jy ʼn vriend of familie lid wie selfmoordneigings toon?

  • Vra die persoon wie daaroor praat of hy/sy dalk gedagtes daar rondom koester. Dit mag moelik wees om dit te doen maar probeer dan die vraag stel soos: “Ek kom agter dat jy die afgelope tyd baie praat oor die dood, oorweeg jy dalk om selfmoord te pleeg of jouself te beseer”
  • Luister na jou vriend sonder om veroordelend te wees en offer die versekering dat jy omgee. Bly naby hom/haar en moet hulle nie alleen laat nie.
  • Selfs al het jy jou vriend/familie lid belowe dat jy dit geheim sal hou dat hy/sy wil selfmoord pleeg en jy mag voel dat jy hom/haar verraai, moenie stil bly daaroor nie. Soek hulp so gou as moontlik.

Wat kan jy doen as jy self-moord oorweeg?

  • Vertel iemand van jou selfmoord gedagtes soos ‘n vriend, ‘n ouer, onderwyser of skakel FAMSA
  • Maak seker u is nie alleen nie
  • Vermy die gebruik van alkohol en dwelms
  • Vra jou familie om messe, toue, pille, gewere weg te bêre
  • Spandeer tyd met u familie en vriende selfs wanneer u alleen wil wees
Leave A Reply

Your email address will not be published.