Onwettige diamantmynoperasie lewer suksesse in Namakwa

0

’n Multidissiplinêre operasie was in die Namakwa Distrik op 6 en 7 Julie uitgevoer .

Die  fokus van die operasie was die onwettige mynbedrywighede op die gebiede van Port Nolloth en Kleinsee.

‘n Woordvoerder vir die polisie, Kolonel Mashay Gamieldien, vertel dat klopjagte uitgevoer is by die Bontekoe-koshuis en daar was ook polisie askie by die Oubeeb/Twee-myn en Nuttabooi-myn.

Op 5 Julie is die bevelvoerders van die multidissiplinêre taakspanne deur die Waarnemende Provinsiale Kommissaris, Majoor Generaal Joey Kers, geadresseer  ná ‘n intelligensie-inligtingsessie.

Op 6 Julie het die kollektiewe span onder bevel van die Waarnemende Adjunk Provinsiale Kommissaris vir Polisiëring, Brigadier Hennie van Rensburg, insluitend misdaadintelligensie, DPCI, Provinsiale Korporatiewe Kommunikasie , POCC, ORS, Provinsiale Vispol, Springbok K9, Upington en Kuruman-snelwegpatrollie, Springbok en Upington POPS en die departement van binnelandse sake die ontwrigtende operasie in die Oubeep- en Nuttabooi-myngebiede uitgevoer.

37 Verdagtes is tydens hierdie operasie aangekeer en in hegtenis geneem.

35 Van die verdagtes was mans en twee vroue.

Vyf voertuie is ook gekonfiskeer omdat dit in die misdaad gebruik is.

Die verdagtes is aangekla vir onwettige mynbou.

28 Verdagtes sal op 3 Augustus voor die Port Nolloth Periodieke Hof verskyn.

Nege ongedokumenteerde persone, 8 mans en 1 vrou het voor die Springbok-landdroshof verskyn en die saak is tot 12 Julie 2021 uitgestel vir ’n formele borgtogaansoek.

Op 7 Julie  het die kollektiewe span klopjagte by die Bontekoe-koshuis uitegvoer waartydens 5 ongedokumenteerde mans in hegtenis geneem en aangehou word op Springbok.

Talle toerusting, insluitend kragopwekkers, grawe, hammers, jigs en kraggereedskap asook talle sakke diamantdraende gruis is op beslag gelê.

Foto: Verskaf
Foto: Verskaf
Leave A Reply

Your email address will not be published.