Onwettige drankhandelaars in hegtenis geneem

0

Vyf verdagtes is verlede week deur die Noord-Kaapse polisie in hegtenis geneem vir die onwettige handel in alkohol.

Die polisie in Kimberley het inligting opgevolg oor die verdagtes wat onwettig handel dryf met drank.

‘n Woordvoerder vir die polisie, Kaptein Sergio Kock het bevestig dat die polisie op agt drankwinkels neergesak het.

“Die polisie het gevind dat daar onwettig handel gedryf word met alkohol.”

Kock sê die alkohol was bedoel vir uitvoer na ander lande.

Geen aksynsbelasting is betaal nie en daar is bevind dat daar met die plakkers en botteldoppies gepeuter is.

Die verdagtes word verwag om hierdie week hul hofverskynings te maak.

Die polisie se ondersoek duur voort.

Leave A Reply

Your email address will not be published.