Onwettige voertuie gekonfiskeer

"Meer as 70 grys voertuie is tussen 09 September en 12 November 2021 onderskeidelik in die ZF Mgcawu , John Taolo Gaetsewe en Francis Baard Distrikte gekonfiskeer."

0

Intelligensie-gedrewe operasies, onderskeidelik Network RS5, Operasie Vulindlela, Network Operation Francina, Network Operation Ditloung en Network Operation Bo Yellow, het enorme suksesse opgelewer, toe Grey Vehicles (buitelandse ongeregistreerde voertuie) ter waarde van meer as R3 miljoen gekonfiskeer en geskut is.

Meer as 70 grys voertuie is tussen 09 September en 12 November 2021 onderskeidelik in die ZF Mgcawu , John Taolo Gaetsewe en Francis Baard Distrikte gekonfiskeer.

‘n Noord-Kaapse polisiewoordvoerder, Kaptein Olebogeng Tawana, het bevestig dat hierdie grys voertuie is geskut kragtens Artikel 88 (1) (a) saamgelees met Artikel 87 van die Doeane- en Aksynswet 91 van 1964.

‘n Multidissiplinêre wetstoepassingspan bestaande uit Provinsiale Misdaadintelligensie, Kimberley Blitspatrollie , Kimberley Voertuigmisdaadondersoekeenheid , het die departement van binnelandse sake en doeane die operasies uitgevoer.

“Die hooffokus van die operasie was om die toestroming van buitelandse voertuie in die Noord-Kaapprovinsie aan te spreek en te bekamp. Volgens inligting wat ingesamel is, het die eienaars van grys voertuie die voertuie sonder geldige dokumente in die Noord-Kaap provinsie ingevoer,” het Kaptein Tawana gesê.

Hierdie tipe transaksies het die ekonomie van die land met miljarde rande lamgelê.

Tydens die operasie in Kimberley is drie verdagtes in hegtenis geneem, ná ‘n hoëspoed-jaagtog.

Die verdagtes het ‘n voertuig met Lesotho-registrasienommerplate bestuur en hulle het gevlug toe die polisie hulle probeer aftrek het.

Terwyl die polisie ‘n verdagte se voertuig deursoek het, is rondtes ammunisie versteek op die agtersitplekke en aan die bestuurder se kant gevind.

Kaptein Tawana het gesê, die verdagte is gearresteer en van die onwettige besit van ammunisie aangekla.

Tydens die operasies is meer as 40 ongedokumenteerde buitelandse burgers gearresteer, vir oortreding van Artikel 49 (1) (a) van die Immigrasiewet van 2002.

Die Noord-Kaapse polisiebestuur het die kollektiewe wetstoepassingsagentskappe wat by die verwyderingsoperasie betrokke was, geloof.

Leave A Reply

Your email address will not be published.