Oom tot lewenslange tronkstraf gevonnis vir verkragting

 Oom tot lewenslange tronkstraf gevonnis vir verkragting

Foto: Verskaf @Noord-Kaap SAPD Adjudant-Offisier Edwin Mokgalagadi

’n 35-jarige oom is in die De Aar-streekhof tot lewenslange tronkstraf gevonnis vir die verkragting van sy niggie.

Die Noord-Kaapse polisiebestuur het die lewenslange vonnis wat aan die “oom van die verkragter” opgelê is, verwelkom.

Kaptein Olebogeng Tawana, polisiewoordvoerder, het gesê dat gedurende Oktober 2017 het die beskuldigde sy 13-jarige niggie verkrag.

Op die dag van die voorval was die slagoffer in die sorg van haar oom (die verkragter), terwyl haar ma by die werk was.

Ná die verkragting van die slagoffer het hy haar gedreig om vir niemand van die voorval te vertel nie en gedreig om haar dood te maak.

“Op 26 Januarie 2018 het die slagoffer die verkragtingsvoorval by haar ma aangemeld. Mediese ondersoek het bevestig dat die slagoffer swanger was en die verkragter is dadelik in hegtenis geneem”, het Tawana gesê.

DNS-toetse is uitgevoer en die resultate het die oom positief met die slagoffer se swangerskap verbind.

Op 26 November 2021 het die De Aar-streekhof die oom skuldig bevind op aanklagte van verkragting.

Op Maandag, 21 Februarie 2022, het die De Aar-streekhof ’n sterk boodskap gestuur deur die oom skuldig te bevind en lewenslank op te sluit.

“Die Noord-Kaapse polisiebestuur het Adjudant-Offisier Edwin Mokgalagadi geloof vir die noukeurige ondersoek van die saak en het ook die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) insluitend die departement van justisie geloof vir die verwydering van die verkragter permanent uit die samelewing,” het Tawana bygevoeg.

Die stewige tronkstraf moet as afskrikmiddel dien vir misdadigers wat aanhou om vroue en kinders te mishandel.

Bernadine Hearn

Related post