Oorsig besoek aan die Richtersveld plaaslike munisipaliteit

"Die LUR is bly om op te let dat 'n kummulatiewe aantal van 393 mense hul KOVID-19-entstofdosis in Kuboes en 390 in Alexanderbaai ontvang het."

0

‘n Toesighoudende besoek was gelewer aan Alexanderbaai en Kuboes (een van die eerste permanente nedersettings) op die plaaslike munisipaliteit in die Richtersveld.

Die besoek was waargeneem deur die Noord-Kaapse LUR vir gesondheid, Mnr Maruping Lekwene en Waarnemende Hoof, Riaan Strydom.

Dit maak deel uit van LUR Lekwene se program om die uitrol van die inenting van KOVID-19, dienslewering in terme van netheid, medisyne voorraad, beskikbaarheid van mediese toerusting en fisiese toestand van die fasiliteite, te monitor.

LUR Lekwene is steeds verbind tot die hantering van alle inherente uitdagings wat tydens sy toesighoudende besoeke aan gesondheidsorgfasiliteite regoor die provinsie geïdentifiseer is.

Die LUR is bly om op te let dat ‘n kummulatiewe aantal van 393 mense hul KOVID-19-entstofdosis in Kuboes en 390 in Alexanderbaai ontvang het.

Die volwasse bevolking (18 jaar en ouer) in die Noord-Kaap is 847 545 mense.

Die gesondheid departement streef daarna om 70% (593 282) van die volwasse bevolking in te ent om kudde-immuniteit te bewerkstellig.

Tans het die Noord-Kaap ten minste een KOVID-19-dosis aan byna 23% (192 507) van die volwasse bevolking van die provinsie toegedien.

Die provinsie beklee die 5de uit 9 provinsies in terme van die aantal mense per 100 000 wat ten minste een dosis KOVID-19 toegedien is (22,7%).

Net meer as 16% van die Noord-Kaapse bevolking word as volledig ingeënt beskou (óf 1 dosis van die JnJ-entstof óf twee dosisse van die Pfizer -entstof).

Die Noord-Kaap beklee die 4de uit 9 provinsies in terme van die aantal mense per 100 000 wat volledig ingeënt is (16,4%)

Leave A Reply

Your email address will not be published.