Operasie Phakisa in Namakwa-kusgebiede uitgevoer

"Daar is ook diamante in die onderklere van die manlike verdagte gevind."

0

Tussen 26 en 29 Augustus is operasie Phakisa op die kusgebiede in Namakwaland uitgevoer in oa: Port Nolloth, Hondeklipaai, Groenwater en Vioolsdrift.

’n Woordvoerder vir die polisie, Kolonel Mashay Gamieldien, sê daar is beslag gelê op ’n ongelisensiëerde vuurwapen op Port Nolloth gedurende die drie dae se operasie.

“Die polisie het ook ‘n voertuig op die gruispad onderskep wat op pad was na Kleinzee. Daar is ook diamante in die onderklere van die manlike verdagte gevind,” sê Gamieldien.

Twee mans is in hegtenis geneem vir die hantering van dwelms, een vir verkeersoortredings, een vir poging tot moord en een vir die besit van onwettige vuurwapens.

Die gearresteerde verdagtes sal binnekort in die Port Nolloth-hof verskyn.

Stop en soek, voertuigkontrolepunte en voetpatrollies, nakomingsinspeksies aan plaaslike bussies en myne, aqua kulturele plase, dwelms en ander kommoditeitssmokkellary en reptielsmokkellary asook nakomingsbesoeke aan die hawe, hawens en dokbaaie is aktiwiteite wat uitgevoer is.

Onwettige en ongereguleerde oesaktiwiteite was en gaan voort om ‘n beduidende negatiewe impak op die kusomgewing en maritieme hulpbronne te hê, insluitend infrastruktuur wat aansienlike ekonomiese, indiensnemingsverliese en impak op voedselsekerheid tot gevolg het.

Die bedrywighede het ook gefokus op die huidige KOVID 19-versagtingspogings om die seegrenslyn te beveilig en om die veiligheid en sekuriteit van die Suid-Afrikaanse burgers te verseker.

Die fokusareas wat tydens hierdie operasie aangespreek is, het onwettige aktiwiteite met betrekking tot mariene verwante misdade en onwettige sandmynbou ingesluit.

‘n Geïntegreerde multidissiplinêre benadering is gevolg en verskeie interne en eksterne rolspelers was betrokke by die uitvoering van bedrywighede wat SAPD-eenhede insluit, naamlik:

Port Nolloth SAPD, Springbok VCIU-eenheid, Upington Watervleuel, Provinsiale Grenspolisiëring, Kimberley Lugvliëel, Kimberley Search and Rescue, Provinsiale Korporatiewe Kommunikasie, Provinsiale Menslike Hulpbronbenutting, Namakwa-distriksmisdaadintelligensie, Springbok POPS, Springbok K9, SARS Doeane, Departement van Bosbou, Visserye en Omgewing, SANPARKE, Ontwikkelingsminerale Hulpbronne en Energie, die Departement van Landbou, Omgewingsake, Landelike Ontwikkeling en Grondsake, Staatsveiligheid en die Departement van Binnelandse Sake.

Leave A Reply

Your email address will not be published.