Operasie Phakisa lewer groot suksesse op

"Die operasie het gefokus op misdade teen Mariene Hulpbronne en ongedokumenteerde buitelandse burgers."

0

Operasie Phakisa, ‘n gesamentlike operasie met ‘n multi-dissiplinêre wetstoepassingsagentskappe wat die Suid-Afrikaanse Polisiediens, Departement van Landbou, Omgewingsake, Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming, Departement Bosbou, Visserye en Omgewing en Doeane en Departement van Binnelandse Sake ingesluit.

Kriminele aktiwiteite langs die Weskuslyn, wat Port Nolloth, Kleinzee, Groenrivier, Hondeklipbaai en Alexanderbaai, insluit was ondersoek.

Kaptein Olebogeng Tawana, Noord-Kaapse Polisiewoordvoerder, het bevestig dat Operasie Phakisa, wat afgeskop het op Woensdag 17 en het geduur tot Sondag 21 November 2021 het op ‘n hoogtepunt afgeskop.

Die operasie het gefokus op misdade teen Mariene Hulpbronne en ongedokumenteerde buitelandse burgers.

Stop- en visentering van voertuie is uitgevoer om te verseker dat diegene wat die Mariene Hulpbronne onwettig vervoer sonder geldige dokumentasie, aangespreek word.

“Persele is afgesper en deursoek, voertuigkontrolepunte, seegrenspatrollies, stop en deursoekings is uitgevoer. Twaalf (12) persele is deursoek en honderd vier en vyftig (154) voertuie is gestop en deursoek; honderd-vier-en-twintig (124) persone is voorgekeer en deursoek; en nakomingsinspeksies is by drie(3) sakepersele uitgevoer, het Kaptein Tawana gesê.

Tydens die operasie is meer as vyf verdagtes onderskeidelik in Port Nolloth, Lutzville, gearresteer vir oortreding van lewende mariene hulpbronne.

Die verdagtes is in besit gevind van meer as sewentig (70) Weskuskreef, insluitend rotskreefstert, vier honderd vyf en tagtig (485) limpets en vir die besit van honderd (100) snoekvisse sonder geldige permit.

Kaptein het gesê dat Sewe(7) ongedokumenteerde persone is gearresteer vir oortreding van die Immigrasiewet.

Een verdagte is in Hondeklipbaai in hegtenis geneem nadat hy in besit van die koperkabels gevind is.

‘n 17-jarige man is ook in Port Nolloth gearresteer en aangekla vir die besit van dwelms, waarna hy in besit van ‘n crystal meth gevind is.

Die Suid-Afrikaanse Polisiebestuur in Noord-Kaap het die verskillende wetstoepassingsagentskappe toegejuig vir hul gesamentlike deelname aan Operasie Phakisa deur te verseker dat kriminele aktiwiteite langs die Weskus ‘n slag toegedien word, deur die oortreders te straf.

Leave A Reply

Your email address will not be published.