Operasie-Phakisa lewer suksesse in Noord-Kaapse kusgebiede.

0

Operasie-Phakisa is ’n multidissiplinêre inisiatief, wat uitgevoer word om die Suid-Afrikaanse kusgebiede veilig te hou.

Die Noord-Kaapse-polisie het die afgelope naweek die Phakisa-operasie op Port Nolloth, Alexanderbaai, Hondeklipbaai, Kleinzee, Groenrivier en in die Bontekoe-myngbied uitgevoer.

’n Woordvoerder vir die polisie, Kolonel Mashay Gamieldien, sê dat onwettige aktiwiteite, met betrekking tot mariene verwante misdade en onwettige sandmynbou, die fokusareas van die projek was.

“Die bedrywighede het ook gefokus op die huidige COVID-19-versagtingspogings, om die seegrenslyn te beveilig en om die veiligheid en sekuriteit van die Suid-Afrikaanse burgers te verseker.”

Gamieldien het bevestig dat tien boetes uitgereik is tydens die operasie.

Twee van die uitgereikte boetes se fokus op seebewaring, terwyl die oorblywende agt boetes, betrekking tot verkeersoortredings het.

Leave A Reply

Your email address will not be published.