“Operation take care” bekend gestel in Phillipstown

"Polisiewoordvoerder in die Noord-Kaap, kaptein Sergio Kock het bevestig dat die doel van die bewusmakingsveldtog is om die gemeenskap te waarsku oor seksuele misdrywe en die prosedure om sake by die polisie aan te meld."

0

“Operation Take Care” is op 27 Oktober 2021 in Phillipstown deur die De Aar-eenheid vir Gesinsgeweld, Kinderbeskerming en Seksuele Misdrywe, Philipstown SAPD, Petrusville SAPD en die plaaslike Verkeer aangebied.

Polisiewoordvoerder in die Noord-Kaap, kaptein Sergio Kock het bevestig dat die doel van die bewusmakingsveldtog is om die gemeenskap te waarsku oor seksuele misdrywe en die prosedure om sake by die polisie aan te meld.

“’n Padblokkade is ook gehou en vragmotorbestuurders was ge-sensiteer oor die gevare daarvan om kinders op te tel en saamrygeleenthede te gee sonder die toestemming van die ouers of voogde. Die gemeenskap het hierdie program opreg waardeer en het belowe om hul volle ondersteuning te gee in die stryd teen geslagsgebaseerde geweld,” het Kaptein Kock gesê.

“Die provinsiale hoof vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe (FCS), brigadier Nicky Mills het AO(v) Vallery Booysen (De Aar FCS) en die res van die span geprys vir die uitstekende inisiatief. Die bewusmakingsveldtog kan ook gesien word as ’n vroeë opbou tot die 16 dae van aktivisme vir geen geweld teen vroue en kinders nie, het Mills gesê.”

Leave A Reply

Your email address will not be published.