Opvolg: 100 nuwe Kovid-19 gevalle vir die Namakwa-distrik aangemeld

"Die Namakwa-distrik se kummulatiewe totaal staan op 10 417, die sterftesyfer is 103, met 8 654 genesings en diè distrik het 1 660 aktiewe gevalle."

0

In die jongste verslagperiode is ‘n totaal van 100 nuwe Kovid-19 gevalle vir die Namakwa-distrik aangemeld.

Die gevalle is toegeken aan die Nama Khoi regsgebied (69), Hantam plaaslike munisipaliteit (22), Khâi Mai plaaslike munisipaliteit (4), Richtersveld plaaslike munisipaliteit (3) en Karoo Hoogland en Kamiesberg plaaslike munisipaliteite een onderskeidelik.

Die Namakwa-distrik se kummulatiewe totaal staan op 10 417, die sterftesyfer is 103, met 8 654 genesings en diè distrik het 1 660 aktiewe gevalle.

In die Noord-Kaap is 598 nuwe KOVID-19 gevalle aangemeld deur die ministerie van gesondheid, wat die kummulatiewe totaal in die provinsie te staan bring op 75 796.

Die totaal sterftes in die provinsie weens KOVID-19-komplikasies staan op 1 899.

Sowat 66 795 persone het genees van die virus en laat die provinsie met 7 100 aktiewe gevalle.

Leave A Reply

Your email address will not be published.