Opvolg: 12 nuwe Kovid-19 gevalle vir die Namakwa distrik aangemeld

"Die totaal sterftes in die provinsie weens KOVID-19-komplikasies staan op 1 829."

0

In die jongste verslagperiode is ‘n totaal van 12 nuwe Kovid-19 gevalle vir die Namakwa-distrik aangemeld.

Die gevalle is toegeken aan die Nama Khoi regsgebied (7), Hantam en Kamiesberg plaaslike munisipaliteite onderskeidelik twee elk en Khâi ma plaaslike munisipaliteit (1).

Die Namakwa-distrik se kummulatiewe totaal staan op 9 353, die sterftesyfer is 91, met 7 805 genesings en diè distrik het 1 457 aktiewe gevalle.

In die Noord-Kaap is 133 nuwe KOVID-19 gevalle aangemeld deur die ministerie van gesondheid, wat die kummulatiewe totaal in die provinsie te staan bring op 71 109.

Die totaal sterftes in die provinsie weens KOVID-19-komplikasies staan op 1 829.

Sowat 63 853 persone het genees van die virus en dit laat diè provinsie met 5 425 aktiewe gevalle.

Leave A Reply

Your email address will not be published.