Opvolg: 123 nuwe Kovid-19 gevalle vir die Namakwa-distrik aangemeld

"Die totaal sterftes in die provinsie weens KOVID-19-komplikasies staan op 1 920."

0

In die jongste verslagperiode is ‘n totaal van 123 nuwe Kovid-19 gevalle vir die Namakwa-distrik aangemeld.

Die gevalle is toegeken aan die Nama Khoi regsgebied (73), Kamiesberg (21), Richtersveld (12), Karoo hoogland (10), Khâi Mai (5) en Hantam (2).

Die Namakwa-distrik se kummulatiewe totaal staan op 10 785, die sterftesyfer is 105, met 8 661 genesings en diè distrik het 2 019 aktiewe gevalle.

In die Noord-Kaap is 392 nuwe KOVID-19 gevalle aangemeld deur die ministerie van gesondheid, wat die kummulatiewe totaal in die provinsie te staan bring op 77 118.

Die totaal sterftes in die provinsie weens KOVID-19-komplikasies staan op 1 920.

Sowat 68 437 persone het genees van die virus en laat die provinsie met 6 759 aktiewe gevalle.

Leave A Reply

Your email address will not be published.