Opvolg: 13 nuwe Kovid-19 gevalle vir die Namakwa-distrik aangemeld

"Die gevalle is toegeken aan die Nama Khoi regsgebied (7), Hantam (4), en Richtersveld en Khâi Mai een onderskeidelik elk."

0

In die jongste verslagperiode is ‘n totaal van 13 nuwe Kovid-19 gevalle vir die Namakwa-distrik aangemeld.

Die gevalle is toegeken aan die Nama Khoi regsgebied (7), Hantam (4), en Richtersveld en Khâi Mai een onderskeidelik elk.

Die Namakwa-distrik se kummulatiewe totaal staan op 10 798, die sterftesyfer is 108, met 9 009 genesings en diè distrik het 1 681 aktiewe gevalle.

In die Noord-Kaap is 361 nuwe KOVID-19 gevalle aangemeld deur die ministerie van gesondheid, wat die kummulatiewe totaal in die provinsie te staan bring op 77 473.

Die totaal sterftes in die provinsie weens KOVID-19-komplikasies staan op 1 933.

Sowat 69 168 persone het genees van die virus en laat die provinsie met 6 370 aktiewe gevalle.

 

Leave A Reply

Your email address will not be published.