Opvolg: 159 nuwe Kovid-19 gevalle vir die Namakwa distrik aangemeld

"Sowat 67 405 persone het genees van die virus en laat die provinsie met 7 399 aktiewe gevalle."

0

# In die jongste verslagperiode is ‘n totaal van 159 nuwe Kovid-19 gevalle vir die Namakwa-distrik aangemeld.

Die gevalle is toegeken aan die Nama Khoi regsgebied (74), Hantam (37), Kamiesberg (33), Richtersveld (14), en Khâi Mai (1).

Die Namakwa-distrik se kummulatiewe totaal staan op 10 662, die sterftesyfer is 105, met 8 654 genesings en diè distrik het 1 903 aktiewe gevalle.

In die Noord-Kaap is 488 nuwe KOVID-19 gevalle aangemeld deur die ministerie van gesondheid, wat die kummulatiewe totaal in die provinsie te staan bring op 76 726.

Die totaal sterftes in die provinsie weens KOVID-19-komplikasies staan op 1 920.

Sowat 67 405 persone het genees van die virus en laat die provinsie met 7 399 aktiewe gevalle.

Leave A Reply

Your email address will not be published.