Opvolg: 169 nuwe Kovid-19 gevalle vir die Namakwa distrik aangemeld.

"Die totaal sterftes in die provinsie weens KOVID-19-komplikasies staan op 1 869."

0

In die jongste verslagperiode is ‘n totaal van 169 nuwe Kovid-19 gevalle vir die Namakwa-distrik aangemeld.

Die gevalle is toegeken aan die Nama Khoi regsgebied (119), Kamiesberg plaaslike munisipaliteit (21), Khâi Ma plaaslike munisipaliteit (18), Hantam plaaslike munisipaliteit (6), Richtersveld plaaslike munisipaliteit (3) en Karoo Hoogland plaaslike munisipaliteit (2).

Die Namakwa-distrik se kummulatiewe totaal staan op 1 001, die sterftesyfer is 96, met 8 303 genesings en diè distrik het 1 602 aktiewe gevalle.

In die Noord-Kaap is 660 nuwe KOVID-19 gevalle aangemeld deur die ministerie van gesondheid, wat die kummulatiewe totaal in die provinsie te staan bring op 74 030.

Die totaal sterftes in die provinsie weens KOVID-19-komplikasies staan op 1 869.

Sowat 65 959 persone het genees van die virus en laat die provinsie met 6 200 aktiewe gevalle.

 

 

 

Leave A Reply

Your email address will not be published.