Opvolg: 20 nuwe Kovid-19 gevalle vir die Namakwa distrik aangemeld

Die Namakwa-distrik se kummulatiewe totaal staan op 9 373, die sterftesyfer is 92, met 8 036 genesings en diè distrik het 1 245 aktiewe gevalle."

0

In die jongste verslagperiode is ‘n totaal van 20 nuwe Kovid-19 gevalle vir die Namakwa-distrik aangemeld.

Die gevalle is toegeken aan die Hantam plaaslike munisipaliteit (10), Nama Khoi regsgebied (5), Kamiesberg plaaslike munisipaliteit (4) en Richtersveld plaaslike munisipaliteit (1).

Die Namakwa-distrik se kummulatiewe totaal staan op 9 373, die sterftesyfer is 92, met 8 036 genesings en diè distrik het 1 245 aktiewe gevalle.

In die Noord-Kaap is 351 nuwe KOVID-19 gevalle aangemeld deur die ministerie van gesondheid, wat die kummulatiewe totaal in die provinsie te staan bring op 71 460.

Die totaal sterftes in die provinsie weens KOVID-19-komplikasies staan op 1 837.

Sowat 64 399 persone het genees van die virus en laat die provinsie met 5 222 aktiewe gevalle.

Leave A Reply

Your email address will not be published.