Opvolg: 203 nuwe Kovid-19 gevalle vir die Namakwa distrik aangemeld

"Sowat 66 168 persone het genees van die virus en laat die provinsie met 6 549 aktiewe gevalle."

0

In die jongste verslagperiode is ‘n totaal van 203 nuwe Kovid-19 gevalle vir die Namakwa distrik aangemeld.

Die gevalle is toegeken aan die Nama Khoi regsgebied (102), Kamiesberg plaaslike munisipaliteit (51), Hantam plaaslike munisipaliteit (23), Richtersveld plaaslike munisipaliteit (16), Khâi Ma plaaslike munisipaliteit (10) en Karoo Hoogland plaaslike munisipaliteit (1).

Die Namakwa-distrik se kummulatiewe totaal staan op 1 204, die sterftesyfer is 100, met 8 432 genesings en diè distrik het 1 672 aktiewe gevalle.

In die Noord-Kaap is 571 nuwe KOVID-19 gevalle aangemeld deur die ministerie van gesondheid, wat die kummulatiewe totaal in die provinsie te staan bring op 74 598.

Die totaal sterftes in die provinsie weens KOVID-19-komplikasies staan op 1 879.

Sowat 66 168 persone het genees van die virus en laat die provinsie met 6 549 aktiewe gevalle.

Leave A Reply

Your email address will not be published.