Opvolg: 220 nuwe Kovid-19 gevalle vir die Namakwa distrik aangemeld

"Die Namakwa-distrik se kummulatiewe totaal staan op 9 289, die sterftesyfer is 90, met 7 591 genesings en diè distrik het 1 608 aktiewe gevalle.  "

0

In die jongste verslagperiode is n totaal van 220 nuwe Kovid-19 gevalle vir die Namakwa distrik aangemeld.

Die gevalle is toegeken aan die Nama Khoi regsgebied (114), Kamiesberg plaaslike munisipaliteit (78), Richtersveld plaaslike munisipaliteit (18) en Khâi ma plaaslike munisipaliteit (10).

Die Namakwa-distrik se kummulatiewe totaal staan op 9 289, die sterftesyfer is 90, met 7 591 genesings en diè distrik het 1 608 aktiewe gevalle.

In die Noord-Kaap is 432 nuwe KOVID-19 gevalle aangemeld deur die ministerie van gesondheid, wat die kummulatiewe totaal in die provinsie te staan bring op 70 815.

Die totaal sterftes in die provinsie weens KOVID-19-komplikasies staan op 1 805.

Sowat 62 580 persone het genees van die virus en laat die provinsie met 6 428 aktiewe gevalle.

 

Leave A Reply

Your email address will not be published.