Opvolg: 23 nuwe Korona-virus gevalle vir die Namakwa-distrik bekend

"In die Noord-Kaap is 204 nuwe KOVID-19 gevalle aangemeld deur die ministerie van gesondheid, wat die kumulatiewe totaal in die provinsie te staan bring op 61 806."

0

Die ministerie van gesondheid, het in die jongste verslagperiode 23 nuwe Korona-virus gevalle vir die Namakwa-distrik bekend gemaak.

Die gevalle is toegeken aan die Nama Khoi regsgebied (17), Khâi Ma plaaslike munisipaliteit (3), Hantam, Richtersveld en Karoo Hoogland plaaslike munisipaliteite onderskeidelik een elk.

Die Namakwa-distrik se kumulatiewe totaal staan op 7 154, met 6 407 genesings en diè distrik het 680 aktiewe gevalle.

In die Noord-Kaap is 204 nuwe KOVID-19 gevalle aangemeld deur die ministerie van gesondheid, wat die kumulatiewe totaal in die provinsie te staan bring op 61 806.

Die totaal sterftes in die provinsie weens KOVID-19-komplikasies staan op 1 449.

Sowat 55 236 persone het genees van die virus en laat die provinsie met 5 119 aktiewe gevalle.

Leave A Reply

Your email address will not be published.