Opvolg: 25 nuwe Korona-virus gevalle vir die Namakwa-distrik bekend

"Sowat 48 769 persone het genees van die virus en laat die provinsie met 7 363 aktiewe gevalle."

0
Die ministerie van gesondheid, het in die jongste verslagperiode 25 nuwe Korona-virus gevalle vir die Namakwa-distrik bekend gemaak.
Die gevalle is toegeken aan die Hantam en Khâi Ma plaaslike munisipaliteite onderskeidelik (8), Karoo Hoogland plaaslike munisipaliteit (6) en Nama Khoi regsgebied (3).
Die Namakwa-distrik se kumulatiewe totaal staan op 6 295, met 5 556 genesings.
Die sterftesyfer staan op 67 en dit laat diè distrik met 662 aktiewe gevalle.
In die Noord-Kaap is 297 nuwe KOVID-19 gevalle aangemeld deur die ministerie van gesondheid, wat die kumulatiewe totaal in die provinsie te staan bring op 57 467.
Die totaal sterftes in die provinsie weens KOVID-19-komplikasies staan op 1 333.
Sowat 48 769 persone het genees van die virus en laat die provinsie met 7 363 aktiewe gevalle.
Leave A Reply

Your email address will not be published.