Opvolg: 29 nuwe Korona-virus gevalle vir die Namakwa-distrik bekend

"Sowat 50 943 persone het genees van die virus en laat die provinsie met 6 993 aktiewe gevalle."

0

Die ministerie van gesondheid, het in die jongste verslagperiode 29 nuwe Korona-virus gevalle vir die Namakwa-distrik bekend gemaak.

Die gevalle is toegeken aan die Nama Khoi regsgebied (20), Karoo Hoogland plaaslike munisipaliteit (6), Khâi Ma plaaslike munisipaliteit (2), en Hantam plaaslike munisipaliteit (1).

Die Namakwa-distrik se kumulatiewe totaal staan op 6 687, met 5 965 genesings.

Die sterftesyfer staan op 67 en dit laat diè distrik met 655 aktiewe gevalle.

In die Noord-Kaap is 316 nuwe KOVID-19 gevalle aangemeld deur die ministerie van gesondheid, wat die kumulatiewe totaal in die provinsie te staan bring op 59 330.

Die totaal sterftes in die provinsie weens KOVID-19-komplikasies staan op 1 392.

Sowat 50 943 persone het genees van die virus en laat die provinsie met 6 993 aktiewe gevalle.

Leave A Reply

Your email address will not be published.