Opvolg: 29 nuwe Kovid-19 gevalle vir die Namakwa distrik aangemeld

0

In die jongste verslagperiode is daar 29 nuwe Kovid-19 gevalle vir die Namakwa-distrik aangemeld.

Die gevalle is toegeken aan die Nama Khoi regsgebied (10), Kamiesberg plaaslike munisipaliteit (3), Hantam en Khâi ma plaaslike munisipaliteit onderskeidelik 7 elk en die Karoo Hoogland plaaslike munisipaliteit met 2.

Die Namakwa-distrik se kumulatiewe totaal staan op 8 643, met 7 457 genesing, 89 sterftes en diè distrik het 1 097 aktiewe gevalle.

In die Noord-Kaap is 342 nuwe KOVID-19 gevalle aangemeld deur die ministerie van gesondheid, wat die kumulatiewe totaal in die provinsie te staan bring op 68 582.

Die totaal sterftes in die provinsie weens KOVID-19-komplikasies staan op 1 777.

Sowat 61 173 persone het genees van die virus en laat die provinsie met 5 630 aktiewe gevalle.

 

Leave A Reply

Your email address will not be published.