Opvolg: 88 nuwe Kovid-19 gevalle vir die Namakwa-distrik aangemeld

"Die gevalle is toegeken aan Hantam (38), Khâi Mai (28), Nama Khoi regsgebied (14), Richtersveld en Karoo Hoogland onderskeidelik 3 elk en Kamiesberg (2)."

0

In die jongste verslagperiode is ‘n totaal van 88 nuwe Kovid-19 gevalle vir die Namakwa-distrik aangemeld.

Die gevalle is toegeken aan Hantam (38), Khâi Mai (28), Nama Khoi regsgebied (14), Richtersveld en Karoo Hoogland onderskeidelik 3 elk en Kamiesberg (2).

Die Namakwa-distrik se kummulatiewe totaal staan op 11 521, die sterftesyfer is 115, met 9 510 genesings en diè distrik het 1 896 aktiewe gevalle.

In die Noord-Kaap is 578 nuwe KOVID-19 gevalle aangemeld deur die ministerie van gesondheid, wat die kummulatiewe totaal in die provinsie te staan bring op 80 666.

Die totaal sterftes in die provinsie weens KOVID-19-komplikasies staan op 1 973. Sowat 71 203 persone het genees van die virus en laat die provinsie met 7488  aktiewe gevalle.

 

Leave A Reply

Your email address will not be published.