Opvolg: 316 nuwe Kovid-19 gevalle vir die Namakwa-distrik aangemeld

"Die gevalle is toegeken aan die Nama Khoi regsgebied (217), Kamiesberg (45), Richtersveld (25), Hantam (15), Khâi Mai (13) en Karoo Hoogland (1)."

0

# In die jongste verslagperiode is ‘n totaal van 316 nuwe Kovid-19 gevalle vir die Namakwa-distrik aangemeld.

Die gevalle is toegeken aan die Nama Khoi regsgebied (217), Kamiesberg (45), Richtersveld (25), Hantam (15), Khâi Mai (13) en Karoo Hoogland (1).

Die Namakwa-distrik se kummulatiewe totaal staan op 11 194, die sterftesyfer is 113, met 9 419 genesings en diè distrik het 1 662 aktiewe gevalle.

In die Noord-Kaap is 851 nuwe KOVID-19 gevalle aangemeld deur die ministerie van gesondheid, wat die kummulatiewe totaal in die provinsie te staan bring op 79 051.

Die totaal sterftes in die provinsie weens KOVID-19-komplikasies staan op 1 960.

Sowat 70 280 persone het genees van die virus en laat die provinsie met 6 809 aktiewe gevalle.

Leave A Reply

Your email address will not be published.