Opvolg: 34 nuwe Korona-virus gevalle vir die Namakwa-distrik bekend

"In die Noord-Kaap is 160 nuwe KOVID-19 gevalle aangemeld deur die ministerie van gesondheid, wat die kumulatiewe totaal in die provinsie te staan bring op 60 333."

0

Die ministerie van gesondheid, het in die jongste verslagperiode 34 nuwe Korona-virus gevalle vir die Namakwa-distrik bekend gemaak.

Die gevalle is toegeken aan die Nama Khoi regsgebied (16), Richtersveld plaaslike munisipaliteit (9), Karoo Hoogland plaaslike munisipaliteit (8), en Khâi Ma plaaslike munisipaliteit (1).

Die Namakwa-distrik se kumulatiewe totaal staan op 6 899, met 6 112 genesings en 720 aktiewe gevalle.

In die Noord-Kaap is 160 nuwe KOVID-19 gevalle aangemeld deur die ministerie van gesondheid, wat die kumulatiewe totaal in die provinsie te staan bring op 60 333.

Die totaal sterftes in die provinsie weens KOVID-19-komplikasies staan op 1 402.

Sowat 53 590 persone het genees van die virus en laat die provinsie met 5 339 aktiewe gevalle.

 

Leave A Reply

Your email address will not be published.