Opvolg: 34 nuwe Korona-virus gevalle vir die Namakwa-distrik bekend

"Die Namakwa-distrik se kumulatiewe totaal staan op 6 578, met 5 784 genesings."

0
Die ministerie van gesondheid, het in die jongste verslagperiode 34 nuwe Korona-virus gevalle vir die Namakwa-distrik bekend gemaak.
Die gevalle is toegeken aan die Khâi Ma plaaslike munisipaliteit (22), Nama Khoi regsgebied (11), en Karoo Hoogland plaaslike munisipaliteit een.
Die Namakwa-distrik se kumulatiewe totaal staan op 6 578, met 5 784 genesings.
Die sterftesyfer staan op 67 en dit laat diè distrik met 727 aktiewe gevalle.
In die Noord-Kaap is 131 nuwe KOVID-19 gevalle aangemeld deur die ministerie van gesondheid, wat die kumulatiewe totaal in die provinsie te staan bring op 58 663.
Die totaal sterftes in die provinsie weens KOVID-19-komplikasies staan op 1 368.
Sowat 50 023 persone het genees van die virus en laat die provinsie met 7 270 aktiewe gevalle.
Leave A Reply

Your email address will not be published.