Opvolg: 35 nuwe Korona-virus gevalle vir die Namakwa-distrik bekend

"Die totaal sterftes in die provinsie weens KOVID-19-komplikasies staan op 1 386."

0
Die ministerie van gesondheid, het in die jongste verslagperiode 35 nuwe Korona-virus gevalle vir die Namakwa-distrik bekend gemaak.
Die gevalle is toegeken aan die Nama Khoi regsgebied (19), Richtersveld, Karoo Hoogland en Khai Ma plaaslike munisipaliteite onderskeidelik 4 elk, Hantam plaaslike munisipaliteit (3) en Kamiesberg plaaslike munisipaliteit (1).
Die Namakwa-distrik se kumulatiewe totaal staan op 6 658, met 5 811 genesings. Die sterftesyfer staan op 67 en dit laat diè distrik met 780 aktiewe gevalle.
In die Noord-Kaap is 239 nuwe KOVID-19 gevalle aangemeld deur die ministerie van gesondheid, wat die kumulatiewe totaal in die provinsie te staan bring op 59 014.
Die totaal sterftes in die provinsie weens KOVID-19-komplikasies staan op 1 386.
Sowat 50 694 persone het genees van die virus en laat die provinsie met 6 932 aktiewe gevalle.
Leave A Reply

Your email address will not be published.