Opvolg: 45 nuwe Korona-virus gevalle vir die Namakwa-distrik bekend

"In die Noord-Kaap is 112 nuwe KOVID-19 gevalle aangemeld deur die ministerie van gesondheid, wat die kumulatiewe totaal in die provinsie te staan bring op 58 775."

0
Die ministerie van gesondheid, het in die jongste verslagperiode 45 nuwe Korona-virus gevalle vir die Namakwa-distrik bekend gemaak.
Die gevalle is toegeken aan die Nama Khoi regsgebied (34), Richtersveld plaaslike munisipaliteit (10) en Hantam plaaslike munisipaliteit (1).
Die Namakwa-distrik se kumulatiewe totaal staan op 6 623, met 5 786 genesings.
Die sterftesyfer staan op 67 en dit laat diè distrik met 770 aktiewe gevalle.
In die Noord-Kaap is 112 nuwe KOVID-19 gevalle aangemeld deur die ministerie van gesondheid, wat die kumulatiewe totaal in die provinsie te staan bring op 58 775.
Die totaal sterftes in die provinsie weens KOVID-19-komplikasies staan op 1 375.
Sowat 50 427 persone het genees van die virus en laat die provinsie met 6 971 aktiewe gevalle.
Leave A Reply

Your email address will not be published.