Opvolg: 45 nuwe Korona-virus gevalle vir die Namakwa-distrik bekend

"Die totaal sterftes in die provinsie weens KOVID-19-komplikasies staan op 1 475."

0

Die ministerie van gesondheid, het in die jongste verslagperiode 45 nuwe Korona-virus gevalle vir die Namakwa-distrik bekend gemaak.

Die gevalle is toegeken aan die Nama Khoi regsgebied (28), Hantam plaaslike munisipaliteit (12), Khâi ma plaaslike munisipaliteit (3) en Kamiesberg plaaslike munisipaliteit (2).

Die Namakwa-distrik se kumulatiewe totaal staan op 7 255, met 6 407 genesings en diè distrik het 781 aktiewe gevalle.

In die Noord-Kaap is 292 nuwe KOVID-19 gevalle aangemeld wat die kumulatiewe totaal in die provinsie te staan bring op 62 334.

Die totaal sterftes in die provinsie weens KOVID-19-komplikasies staan op 1 475.

Sowat 56 241 persone het genees van die virus en laat die provinsie met 4 616 aktiewe gevalle

Leave A Reply

Your email address will not be published.