Opvolg: 45 nuwe Korona-virus gevalle vir die Namakwa-distrik bekend

"In die Noord-Kaap is 291 nuwe KOVID-19 gevalle aangemeld deur die ministerie van gesondheid, wat die kumulatiewe totaal in die provinsie te staan bring op 57 758."

0
Die ministerie van gesondheid, het in die jongste verslagperiode 45 nuwe Korona-virus gevalle vir die Namakwa-distrik bekend gemaak.
Die gevalle is toegeken aan die Nama Khoi regsgebied (22), Khâi Ma plaaslike munisipaliteite (9), Hantam en Karoo Hoogland plaaslike munisipaliteite onderskeidelik 5 elk en Richtersveld plaaslike munisipaliteit 4.
Die Namakwa-distrik se kumulatiewe totaal staan op 6 340, met 5 579 genesings.
Die sterftesyfer staan op 67 en dit laat diè distrik met 694 aktiewe gevalle.

In die Noord-Kaap is 291 nuwe KOVID-19 gevalle aangemeld deur die ministerie van gesondheid, wat die kumulatiewe totaal in die provinsie te staan bring op 57 758.

Die totaal sterftes in die provinsie weens KOVID-19-komplikasies staan op 1 344.

Sowat 49 010 persone het genees van die virus en dit laat die provinsie met 7 402 aktiewe gevalle.

Leave A Reply

Your email address will not be published.