Opvolg: 46 nuwe Korona-virus gevalle vir die Namakwa-distrik bekend

"In die Noord-Kaap is 297 nuwe KOVID-19 gevalle aangemeld deur die ministerie van gesondheid, wat die kumulatiewe totaal in die provinsie te staan bring op 58 537."

0
Die ministerie van gesondheid, het in die jongste verslagperiode 46 nuwe Korona-virus gevalle vir die Namakwa-distrik bekend gemaak.
Die gevalle is toegeken aan die Nama Khoi regsgebied (22), Hantam plaaslike munisipaliteite (12), Khâi Ma, Karoo Hoogland en Kamiesberg plaaslike munisipaliteite onderskeidelik 2 elk, en Richtersveld plaaslike munisipaliteit 6.
Die Namakwa-distrik se kumulatiewe totaal staan op 6 544, met 5 579 genesings.
Die sterftesyfer staan op 67 en dit laat diè distrik met 898 aktiewe gevalle.
In die Noord-Kaap is 297 nuwe KOVID-19 gevalle aangemeld deur die ministerie van gesondheid, wat die kumulatiewe totaal in die provinsie te staan bring op 58 537.
Die totaal sterftes in die provinsie weens KOVID-19-komplikasies staan op 1 366.
Sowat 49 707 persone het genees van die virus en laat die provinsie met 7 462 aktiewe gevalle.
Leave A Reply

Your email address will not be published.